Keys is deur na Ope se halfeindronde

Die Amerikaner Madison Keys is die eerste keer sedert 2015 terug in die halfeindronde van die Australiese Ope. Sy het vandag in Melbourne die huidige Roland Garros-wenner Barbora Krejcikova van die Tjeggiese Republiek met 6-3, 6-2 verslaan. Die 26-jarige Keys speel nou in haar vyfde Grand Slam-halfeindronde, en haar eerste sedert die Amerikaanse Ope in 2018. Keys, wat óf teen die wêreld se nommer-een Ashleigh Barty van Australië óf teen haar landgenoot Jessica Pegula om ‘n plek in die eindstryd sal meeding, sê sy geniet dit om weer tennis te speel: