Vliegtuigwrak behoort aan Scenic Air

Die Namibiese vervoerministerie het by monde van sy woordvoerder, Julius Ngweda, bevestig dat die vliegtuig wat vanmiddag by Impalila-eiland neergestort het en die lewens van al vyf insittendes geëis het, aan Scenic Air behoort. Volgens die Namibiese polisie het die Cessna-210-vliegtuig na bewering vanaf Impalila-eiland se vliegveld opgestyg en in die water by die oewer van die Zambezi-rivier by die Muwana-nedersetting by Impalila-eiland neergestort. Ngweda praat met Kosmos 94.1 Nuus.