Windhoek Stadsraads-vergadering vind môreaand plaas

Die munisipale raad van Stad Windhoek hou môreaand om half-ses sy maandelikse gewone vergadering. Die woordvoerder van die stad, Lydia Amutenya, sê aan Kosmos 94.1 Nuus inwoners kan die besprekings regstreeks op hul Facebook-blad volg en die agenda sal kort voor die vergadering op hul webwerf beskikbaar wees.