Rwandese polisiehoof loof Nampol

Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het Nampol vandag vaarwel geroep nadat hy afgetree het. Ndeitunga is Namibië se langsdienende polisiehoof en vanoggend het die mans en vroue in uniform hom vereer met ‘n parade vanaf Katutura na die nasionale polisiehoofkwartier. Die Rwandese polisiehoof, kommissaris Dan Muyuza, wat vandag se vieringe bygewoon het, sê hy is beïndruk hoe die publiek en die polisie saamwerk. Hy wens ook dat die polisiemagte van die twee lande sal saamwerk.