AfriForum kry dossier oor Mbalula se Dubai-gesinsvakansie

AfriForum se privaat vervolgingseenheid het die polisiedossier oor die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, se gesinsvakansie in Dubai in 2016 bekom. Die voormalige openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het bevind Mbalula het die Grondwet oortree deur ‘n verskaffer van die sportkonfederasie, Saskok, te vra om te help betaal vir die reis toe hy die minister van Sport was. Die Nasionale Vervolgingsgesag wou nie vervolg nie. Barry Bateman van die eenheid sê hulle is nou meer oortuig daar is ‘n saak teen Mbalula.