Revolusionêre Unie boer vooruit, maar daar’s uitdagings

Die Revolusionêre Unie, die breinkind van die Regstellende Herposisioneringsbeweging, is op 27 April verlede jaar deur die arbeidskommissaris erken. Die vakbond is daarop gemik om voorspraak te maak vir die sukkelende werkersklas en werkers by te staan. Toe die vakbond nog nie volledig geregistreer was nie, het hulle opslae gemaak toe hulle werkgewers gekonfronteer het oor beweerde mishandeling van werkers, en video’s daarvan op sosiale media gedeel het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Julius Natangwe, die sekretaris-generaal van die RU, oor die uitdagings wat die vakbond in die gesig staar.