Virgin Orbit gaan personeel aflê

Die Britse miljardêr Richard Branson se vuurpylmaatskappy Virgin Orbit sê hy gaan 85 persent van sy personeel aflê, nadat hy nie daarin kon slaag om nuwe beleggings te bekom nie. Volgens mediaberigte sal die firma ook in die afsienbare toekoms sy bedrywighede staak. Die afleggings sal ongeveer 675 werknemers in die maatskappy raak. Branson se beleggingsfirma Virgin Investments gaan 10,9 miljoen Amerikaanse dollar aan Virgin Orbit verskaf vir skeidingspakkette van werknemers.