Cosatu teleurgesteld oor hoër rentekoers  

Die vakbondfederasie Cosatu het sy diepe teleurstelling uitgespreek met die aankondiging van nog ʼn verhoging in rentekoerse. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ʼn verhoging van 50-basispunte in die repo-koers aangekondig. Dit is die negende verhoging sedert 2021 en die vakbondfederasie is van mening dis nie volhoubaar om die terugkoopkoers te gebruik om inflasie te bestry nie. ʼn Woordvoerder van Cosatu, Mathew Parks, vra die regering om alternatiewe oplossings te ondersoek om inflasie te bedwing.