Tennis: Alcaraz op koers

Tennis: Die wêreld nommer een, Carlos Alcaraz van Spanje, is steeds op koers om die sogenaamde Sonskyn-dubbel in Florida te behaal na hy deurgedring het na die voorlaaste ronde in Miami. Dit volg nadat hy verlede week Indian Wells gewen het. Alcaraz speel volgende teen Jannik Sinner van Italië, terwyl die twee Russe Daniel Medvedev en Karen Khachanov sake sal uitspook in die ander halfeindstryd. Alcaraz is tevrede met sy vertoning in die kwarteindstryd teen die Amerikaner Taylor Fritz.