‘Vintage’ sjampanje presteer beter as Bitcoin

Hier’s nou vir jou ‘n ding… internasionale nuusagentskappe berig dat die waarde van sogenaamde ‘vintage’ sjampanje in 2021 beter gevaar het as die groei wat in Bitcoin en die tegnologie-reuse soos Facebook, Amazon, Netflix, Google en Tesla aangeteken is. Volgens aanlynplatforms, het die Bordeaux-indeks getoon dat sjampanje 15 uit die top-20 prysstygings behaal het. Die Franse Salon le Mesnil se 2002-oesjaar met 80 persent gegroei, teenoor Bitcoin se 75 persent, en verkoop tans vir 15 700 Amerikaanse dollar, of, 250 415 Namibiese dollar, per bottel. Ander eksklusiewe-handelsmerke, wat Dom Perignon, Bollinger en Krug, insluit het tussen 55 en 70 persent gegroei. Die groei word toegeskryf aan inperkings wat veroorsaak het dat rykes nog meer geld in hulle sakke het omdat hulle nie reis nie, en die feit dat Franse sjampanje nie onderhewig was aan die 25 persent heffing vir wyn-invoere vanaf Frankryk na die VSA nie. Durf ons sê tjorts op sulke duur borreltjies?