Zondo sal Dinsdag eerste deel van verslag aan Ramaphosa oorhandig

Die waarnemende hoofregter en voorsitter van die Staatskapingskommissie Raymond Zondo sal Dinsdag die eerste deel van hulle verslag by die Uniegebou aan President Cyril Ramaphosa oorhandig. Die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, het die aankondiging gemaak en gesê die president sal die verslag openbaar maak. Die kommissie het bewerings van staatskaping, korrupsie en bedrog in die openbare sektor ondersoek: