VF Plus: Mantashe nie geskik om energiekrisis op te los

Die Vryheidsfront Plus sê die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, is nie die regte persoon om die energiekrisis in Suid-Afrika op te los nie. Die party het gereageer op Mantashe se stelling dat die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, nie die regte persoon is om die nutsmaatskappy reg te ruk nie. Volgens Wynand Boshoff van die VF Plus, kom Mantashe se stelling te midde van toenemende druk op alle rolspelers om Suid-Afrika se energiekrisis op te los voor dit in ʼn nasionale ramp ontaard.