NamWater ken tender van N$2,78 miljoen aan Valco Valves & Pipes toe

NamWater het ‘n tender van 2,78 miljoen Namibiese dollar vir die voorsiening van roesvrye pyp-bande vir die vervanging van die waterpyplyn tussen Swakopmund en Schwarzekuppe in die Namib-woestyn aan Valco Valves & Pipes toegeken. Volgens die Tenderbulletin is vier tenders aangebied, maar die ander drie tenderaars, naamlik Elwiwa, Haw Retailers en Tube-O-Flex Namibia is weens verskeie redes gediskwalifiseer.