Vervoerministerie wil weet oor Nabta-leierskap

Die Namibiese ministerie van werke en vervoer gaan ‘n vergadering met die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging hê om kwessies van faksies in die vakbond te bespreek. Die vergadering wat tussen die partye oor ‘n styging in die taxi-tarief moes plaasvind het ook nie gebeur nie. Volgens die woordvoerder van die ministerie, Julius Ngweda, is die ministerie van mening dat Pendapala Nakathingo nie die huidige sekretaris-generaal van die Nabta-vakbond is nie.