Krieket: Suid-Afrika A behaal 36-lopie oorwinning oor Zim

Vyftig lopie-beurte deur beide Tony de Zorzi en Khaya Zondo, asook vier paaltjies aan die hand van Andile Phehlukwayo, het Suid-Afrika A se oorwinning met 36 lopies oor Zimbabwe se elftal help verseker. Dit het die Suid-Afrikaanse span ‘n eendagreeks-oorwinning van 2-1 in Harare besorg. Die Suid-Afrikaners het in vyftig boulbeurte, 287 vir nege aangeteken. Zimbabwe was uit vir 251 in 47,2 boulbeurte. Die Twintig-20-reeks begin 2 Mei, ook by die Harare-sportklub.