Africa Travel Indaba sal Durban-toerisme hupstoot gee

Die eThekwini-munisipaliteit sê die heropbou van Durban se toerisme-sektor sal voorkeur geniet tydens volgende week se Africa Travel Indaba by die Inkosi Albert Luthuli Internasionale Konvensiesentrum. Ongeveer 3 700 afgevaardigdes van oor die wêreld heen sal na verwagting die indaba bywoon. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela, sê die geleentheid volg op reuse-terugslae vir die stad se toerismebedryf, weens Covid-19, die onluste verlede jaar, en die onlangse vloede: