Vervalle Ariamsvlei-grenspos moet gerehabiliteer word

Die Ariamsvlei-grenspos moet dringend opgeknap word. Die parlementêre staande komitee op ekonomie en openbare administrasie het die grenspos besoek. Die infrastruktuur is vervalle en heeltemal onvoldoende. Amptenare van NamRA was ook teenwoordig en het hul kommer uitgespreek oor ‘n tekort aan beligting asook ondersoek-geriewe. Die grenspos het in die vorige finansiële jaar 27 miljard Namibiese dollar se invoere hanteer met 3 miljoen dollar se uitvoere. Personeeltekorte, ‘n tekort aan voldoende behuising vir beamptes en ‘n tekort aan bergingsfasiliteite, veral vir dokumentasie, is van die uitdagings wat uitgelig is. Die grenspos moet ook nader aan die Suid-Afrikaanse grens. Op die oomblik is dit 17 kilometer van die grens geleë. Amptenare wat op die grenspos werksaam is, meen hulle soek korttermyn oplossings op hul pligte beter uit te voer en wil nie nog jare wag voor ‘n begroting beskikbaar is nie.