DA sê Kill the Boer skep gevaarlike presedent

Die DA sê die volgehoue pogings van die EFF om die onverdedigbare te verdedig in die “Kill the Boer”-saak skep ‘n uiters gevaarlike presedent in ons jong demokrasie. Die Gelykheidshof in Johannesburg het gister AfriForum se saak teen die EFF-leiers se dreunsang van die politieke slagspreuk, “Kill the Boer, Kill the Farmer” of “Kiss the Boer” van die hand gewys. AfriForum het aangevoer die lied kom neer op haatspraak. ‘n DA-woordvoerder, Solly Malatsi, sê die EFF is vasbeslote om die vlamme van rasseverdeling in die land aan te blaas: