Blitsbokke sal alles die naweek in LA gee

Suid-Afrika gaan hierdie naweek probeer om die Wêreldrugby-sewesreeks te beklink wanneer die laaste toernooi van die seisoen in Los Angeles plaasvind. Die Blitsbokke het verlede maand ‘n goue medalje gewen op die Statebondspele en na nege-maande loop hulle voor met 124 punte in die stryd om die titel. Australië is twee punte agter hulle, en Argentinië ses. Die Blitsbokke is in ‘n sterk groep in Los Angeles, saam met Nieu-Seeland, Kanada en Amerika. Kaptein Siviwe Soyizwapi sê hy verwag ‘n taai toernooi: