Vertragings by Durban-hawe duur voort

Dit wil voorkom of daar steeds vertragings by Durban se hawe is. Die aanvraag vir sitrusvrugte het aansienlik gegroei tydens die Covid-19 pandemie, maar Suid-Afrika se uitvoerbedryf kan hierdie oplewing misloop. Hannes de Waal van die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika sê miljoene ton vrugte is steeds in die koelkamers by die Durban-hawe in KwaZulu-Natal, en plaaslike produsente is bekommerd oor opeenhopings by die hawe wat hulle moontlike verkope kan kos. Hy voeg by die vereniging doen ‘n beroep op Transnet en die regering om ‘n oplossing hiervoor te vind.