Tsumeb konsulteer Donderdag met inwoners

Die munisipaliteit van Tsumeb hou môre twee konsultasies met inwoners om die ontwikkeling van sy strategiese besigheidsplan te bespreek. Volgens die dorpsraad is dit belangrik dat inwoners ingelig word in verband met operasionele aangeleenthede van die munisipaliteit. Die eerste vergadering vind tussen agt-uur en 11-uur by die Makalani Hotel plaas, met die tweede een by die Benjamin Kheimseb gemeenskapsaal wat môre namiddag tussen half-ses en sewe-uur plaasvind.