Verstedeliking sal boere dwing om te outomatiseer

Die Namibiese makelaarsfirma Simonis Storm sê verstedeliking is ‘n bedreiging vir landbou. Volgens data van die Wêreldbank, het dit van 28 persent in 1990 tot 53 persent in 2020 gestyg. Dit beteken daar is minder werkers wat gelok kan word en daarom sal boere beleggings in outomatisering moet verhoog om ‘n arbeidstekorte te hanteer. Die stappe sal dringend aandag moet geniet omdat volgens die Wêreldvoedselprogram is groot uitdagings. Streke soos Omusati het voedseltekorte op 29 persent, Kavango-Oos is op 26 persent, Kavango-Wes op 24 persent, Oshikoto op 23 persent en Kunene en Otjozondjupa op 20 persent.