Pence getuig vir Jack Smith vir meer as sewe ure

Die voormalige Amerikaanse visepresident Mike Pence het voor ‘n groot jurie verskyn wat oudpresident Donald Trump se rol in pogings om die 2020-verkiesing omver te werp ondersoek. Hy was vir meer as sewe uur in die Amerikaanse distrikshof in Washington. Hy het gepoog om die verskyning te verhoed en so ook sy voormalige baas, Trump, maar hul pogings het misluk. Pence het vroeër aan Amerikaanse media gesê hy het niks nuuts om te sê nie.