Duitsers skenk infrastruktuur vir oorgrenspark, sê Namibië lei in bewaring

Die Duitse regering glo in die Namibiese toerisme-sektor. Duitsland het al meer as 132,4 miljoen Namibiese dollar aan dié sektor bestee, volgens die Duitse ambassadeur Herbert Beck. Die opgradering van die kusparke deur die Namibiese en Duitse regerings in samewerking met die Duitse ontwikkelingsbank KfW, is deel van die ontwikkeling van drie oorgrensparke. Die Nasionale Parke van Kaapkruis, Skedelkus, Dorob en Namib Naukluft Park sal deel vorm van een die langste beskermde kuslyne ter wêreld. Dit sal oor drie lande, Namibië, Angola en Suid-Afrika strek vanaf die Iona Nasionale Park in suidwestelike Angola tot by die Ramsar-erfenisgebied by die Oranjerivier. Beck loof Namibië se leierskap in biodiversiteit…

Omgewingsminister Pohamba Shifeta sê toeriste kan nou met beter infrastruktuur Namibië se bes bewaarde natuurgeheime ontdek.