Versigtig met waterskuld afskryf…

Die Otjozondjupa-streekraad het ingestem om ou waterskuld af te skryf maar die streek se goewerneur, James Uerikua, sê dat dit geval-spesifiek moet wees omdat sommige entiteite kan bekostig om te betaal. Hy sê verder plaaslike owerhede met toegang tot natuurlike waterbronne moet infrastruktuur versterk om water aan hul gemeenskappe te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het met Uerikua gesels, wat sê hulle verwelkom die skuldafskrywing, maar dit moet so gedoen word dat mense nie die situasie uitbuit nie.