Vermeende moordenaar van vyf-jarige Eiseb borgtog geweier

Die vermeende moordenaar van die vyf-jarige Wilfred Eiseb wie se liggaam in die duine by Narraville ontdek is, het in die Walvisbaaise landdroshof verskyn. Die stiefpa van Eiseb, die 29-jarige Rikki Narib, het onskuldig gepleit. Hy is borgtog geweier en sy saak is tot 22 Maart uitgestel vir verdere polisie-ondersoek. Narib het aangedui hy sal sy eie regsverteenwoordiging waarneem. Ná Eiseb se dood het sy ma ‘n boodskap van ‘n onbekend nommer ontvang dat sy sy liggaam in die duine moet gaan optel. ‘n Namibiese geslags-aktivis, Linda Baumann sê aan Kosmos 94.1 Nuus geslagsgeweld is ‘n reuse-uitdaging in die land en ouers moet versigtig wees om mense met hul kinders te vertroue.