Pakistan samel geld in ná verwoestende vloede  

Pakistan is besig om miljarde van internasionale skenkers in te samel vir herstelwerk weens verlede jaar se verwoestende vloede. Die geld sal die bevolking ook help om hom beter te staal teen klimaatsverandering. Pakistan en die Verenigde Nasies bied vandag gesamentlik ‘n internasionale konferensie in Genève aan om ‘n reuse-bedrag te probeer insamel. Hulle hoop talle lande sal onderneem om geld aan Pakistan toe te skenk vir sy plan vir herstel- en heropbou wat 273 miljard Namibiese dollar beloop. Syfers van die VN toon voedselpryse het die hoogte ingeskiet, terwyl die aantal mense wat deur  voedselonsekerheid in die gesig gestaar word, tot 14,6 miljoen verdubbel het.