Namibiese boere moedeloos oor vee- en wilddiefstal

Namibiese boere is moedeloos oor vee- en wilddiefstal wat toeneem en geen eind in die vooruitsig is nie. In die jongste voorval op die plaas Berlyn in die Khomas Hochland is twee beeste en ‘n gemsbok geskiet en geslag is. Die vyf verdagtes het in ‘n Toyota-bakkie met vals nommerplate gery en  ‘n padblokkade is op die grondpad opgerig nadat die beweerde diefstal op kringtelevisie-beeldmateriaal opgetel is. By die padblokkade het die verdagtes uit die voertuig gespring en in die bosse ingehardloop. Die voertuig en karkasse is gekonfiskeer en as bewysstukke ingedien. Die verdagtes wat nog steeds op vrye voet is, is bekend aan die Nampol. Kosmos 94.1 Nuus het aan Piet Gouws, die president van die Namibiese Landbou-unie, gevra of veediefstal en wildstropery ooit sal eindig en wat is die oplossing? Hy het sy reaksie só verwoord.