Vermeende leier van pedofiel-sindikaat weer agter tralies na soektog

Die polisie in Gauteng het die beweerde leier van kinderuitbuiting-sindikaat, Gerhard Ackerman, weer in hegtenis geneem. ’n Lasbrief vir sy arrestasie is uitgereik nadat hy verlede week nie in die hof vir sy verhoor opgedaag het nie. Die polisie het later ontdek hy het sy huis ontruim en al sy meubels verkoop. Ackerman se verdwyning was strydig met sy borgtogvoorwaardes. Die 52-jarige is  by die Florida Junction-winkelsentrum in hegtenis geneem. Ackerman staan tereg op 740 aanklagte, insluitend verkragting, poging tot moord, verspreiding van kinderpornografie en mensehandel met minderjariges vir seksuele uitbuiting.