Tentskool maak vandag op Rundu oop

‘n Totaal van 730 leerders sonder enige heenkome op Rundu sal uiteindelik vandag met die skooljaar begin. Luidens die jongste berigte het die kantoor van die eerste minister 20 tente geskenk na tekorte aan plekke by formele skole in die Kavango Oos-streek bevestig is. Daar sal 12 onderwysers vir die leerders wees wat neerkom op amper 61 leerders per klas. Ouers het reeds sedert Woensdag verlede week hul kinders geregistreer. Tafels en stoele is bewillig van ander skole in die streek en die Namibiese weermag het, saam met gemeenskapslede, die skool opgerig en die terrein skoongemaak en voorberei.