Vermeende brandstigter se regslui sê hulle is nie vooraf ingelig oor sy sielkundige waarneming

Die vermeende brandstigter van die Nasionale Vergadering, Zandile Christmas Mafe, probeer ‘n hofbevel van ‘n Kaapse landdroshof uitdaag om sielkundige waarneming by die Valkenberg Psigiatriese Hospitaal te ondergaan. Sy regsverteenwoordiger, Luvuyo Godla, sê die staat se besluit, wat sonder raadpleging met sy verdedigingspan geneem is, word bevraagteken.

Die NVG se woordvoerder in die Wes-Kaap, Eric Ntabazalila, sê die hof sal môre, nadat Mafe in die hof verskyn het, besluit wanneer hy amptelik om borgtog aansoek kan doen