Kommer heers steeds onder droëland mielieboere

Goeie neerslae is in verskeie dele van die land ontvang maar, oor die algemeen het die huidige reënseisoen teleurgestel. Meteoroloë hou voet by stuk dat die daar steeds goeie neerslae ontvang kan word maar daar is groot kommer by akkerbouers, veral die droëland mielieboere. Die voormalige sekretaris-generaal van Swapo, en kabinetsminister, Pendukeni Ivula-Itana, wat nou self boer, sê produsente moet moed hou.