Toerisme: Noorde suip aan agterspeen

Die jongste toerisme-syfers, die vir Maart, is bekend. Volgens Simonis Storm is ontspanningstoerisme steeds die hoeksteen van die industrie en die kusgebied het die hoogste besettingsyfer op 55,3 persent aangeteken. Die sentrale gebied is tweede met 53,9 persent terwyl die Suide ook redelik goed gedoen het op 49,5 persent. Maar, toerisme-aantrekkings in die noordelike gebiede moet dalk beter bemark word omdat die streke 45,8 persent besetting aangeteken het. Ontspanningstoerisme het 93,1 persent van alle besoekers in Maart gelok.