Verkeersoortreders gaan nie agter tralies land 

Die Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo het vandag tydens ‘n mediakonferensie amnestie aangekondig op lasbriewe vir arrestasies wat uitgereik is teen motoriste met verkeersoortredings. Shikongo het bevestig meer as 300 000 lasbriewe vir inhegtenisneming van motoriste met verkeersoortredings moet nog uitgevoer word. Hy vra as al hierdie oortreders gearresteer word, waar sal hulle aangehou word? Daarom is besluit om Namibiërs met hierdie oortredings van 1 November 2022 tot 31 Januarie 2023 amnestie te gee om na polisiestasies of howe te gaan om hul boetes te betaal.

Shikongo verduidelik dat daar geen arrestasies sal wees vir vakansiegangers met verkeerslasbriewe vir arrestasies nie …