Kerke nie geneë om belasting te betaal

Verskeie kwessies het onder die loep gekom toe die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, onlangs sy middeltermynbegroting aan die kabinet ter tafel gelê het. Een van die kwessies is dat dit blyk dat die minister van mening is dat die kerke belasting aan die regering moet betaal. Dit word nie goed deur kerkleiers in die land ontvang nie. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke, Ludwig Beukes, beklemtoon aan Kosmos 94.1 Nuus dat kerke nie-winsgewende organisasies is.