IPPR stel oop kontraktering voor

Wêreldwyd is daar groot druk vir groter deursigtigheid en aanspreeklikheid in staatsbesteding, veral in die konteks van die bekamping van korrupsie, sê die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die instituut het ‘n artikel die potensiaal vir oop kontraktering in Namibië bekend gestel wat spesifiek fokus op kontraktering in die ontginningsbedrywe – mynbou en petroleum – en ondersoek die sektor se gereedheid om deursigtigheid te verbeter met betrekking tot die publikasie van mynbou- en petroleum-ooreenkomste, kontrakte en lisensies. Mynbou is Namibië se voorste ekonomiese sektor en maak elke jaar ongeveer 10 persent van Namibië se BBP uit.