Prins William op vyf pond-muntstuk vereer

‘n Nuwe Britse vyf pond-muntstuk met ‘n afbeelding van prins William daarop, is spesiaal ontwerp ter viering van sy 40ste verjaardag. Die Koninklike Munt het die muntstuk bekend gestel. Die muntstuk wat onthul is voor William se 40ste verjaardag op 21 Junie, bevat sy koninklike monogram met die letter W en die nommer 40. Dit is die eerste keer dat William, tweede aanspraakmaker op die Britse troon, alleen op ‘n muntstuk vereer word. Aan die ander kant van die muntstuk is ‘n afbeelding van koningin Elizabeth.