Ventilasie vorm deel van die arsenaal teen Covid

Met Covid-19 word elke dag nuwe dinge geleer. Mense word daaraan herinner om hul hande te was om die verspreiding van die virus te voorkom. Dan is daar die gebruik van ventilasiemasjiene of –stelsels. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. Kaveto Sikuvi, noodmedisyne-spesialis van die Namibiese gesondheidsministerie gevra wat ‘n ventilasiestelsel is. Sikuvi verduidelik waarom goeie ventilasie nodig is om Covid-19 te beveg.