Hoofstad se bouplanne herstel

Stad Windhoek se goedgekeurde bouplanne vir Julie is deur IJG Sekuriteite bekend gemaak. Volgens die makelaarsfirma, is 211 planne gedurende die maand goedgekeur, 77,3 persent hoër as die skamele 119 wat in Junie goedgekeur is. Die waarde is 13,4 persent hoër as in Junie, en staan op 145,6 miljoen Namibiese dollar. Tot dusver is 1 338 bouplanne deur die hoofstad goedgekeur met ‘n waarde van net minder as 1,1 miljard dollar. Dit is amper 20 persent meer bouplanne vergeleke met verlede jaar en is 12,5 persent duurder as in 2020.