Veldbrand woed by Leopard Lodge

Veldbrand is in die Midgard-omgewing naby Leopard Lodge en naburige plase aangemeld. Werkers van Midgard Lodge het na die brandtoneel gegaan om die vlamme te help blus. Kai Gorn van ‘n brandbestrydingsgroep van Kapss Farm, deel die inligting met Kosmos 94.1 Nuus.