Guinness-wêreldrekords: Oudste hond is ouer as 22 jaar

Die Guinness-wêreldrekords het ‘n klein kruisrashondjie, Gino, van Kalifornië, as die wêreld se oudste lewende hond aangewys nadat daar bevestig is hy is ouer as 22 jaar. Gino is in 2000 gebore en in 2002 deur Alex Wolf aangeneem. Wolf skryf sy troeteldier se lang lewe toe aan ‘n gesonde, gebalanseerde dieet, gereelde besoeke aan die veearts en lewenslus, en voeg by dat hy tonne liefde ontvang. Gino was baie aktief in sy jonger dae, maar nou verkies hy sy middagslapies, lekkernye en om in die buurt in ‘n stootwaentjie rondgestoot te word.