Namibiese konstruksiebedryf: Padowerheid het te hoë kriteria

Die Konstruksiebedryf-federasie van  Namibië sê hul hande is agter hul rûe vasgebind. Die uitvoerende hoof Bärbel Kirchner sê ten spyte van hul pogings en verbintenis met die Padowerheid om onrealisties hoë voorkwalifikasie-kriteria vir ‘n padrehabilitasie-projek tussen Usakos en Karibib te verander, het hulle nie daarin geslaag nie. Die gevolge is dat geen Namibiese kontrakteurs op hul eie kan deelneem nie, al het hulle meer as genoeg vaardigheid en kapasiteit om die werk te doen. Kirchner sê môre is die sperdatum vir indiening, wat plaaslike kontrakteurs uitsluit.  

Kirchner sê hulle is baie teleurgesteld…