Reisverbod is sinneloos as ons ook Omikron het – Fauci

Amerika oorweeg die verligting van reisbeperkings vir lande in Suider-Afrika. Die VSA het verlede maand byna alle buitelanders verbied om die land binne te kom as hulle binne die afgelope 14 dae in een van agt Suider-Afrikalande, insluitend Namibië, was. Die vinnig-verspreidende Omikron-variant is nou die dominante variant in Amerika en maak 73.2 persent van nuwe gevalle uit. Die vooraanstaande kenner van aansteeklike siektes, Anthony Fauci, sê dit maak geen sin om die beperkings te behou nie: