Valkehoof sê daar is 68 Phala Phala-verklarings

Die nasionale hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê die eenheid ondersoek 68 verklarings wat na die Phala Phala-plaassage van getuies bekom is. Dit het betrekking op buitelandse valuta wat in 2020 op President Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo gesteel is. Lebeya het in Pretoria die media toegespreek. Hy sê die ondersoek sal beskerm word en die verklarings sal nie openbaar gemaak word nie totdat die aangeleentheid voor die hof kom nie.