NamRA-kommissaris is in New York

Sam Shivute, die kommissaris van die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, is in New York, Amerika, vir die Dialoog van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram oor belasting- en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte. Omdat NamRA nuut is, is Shivute deur die program genooi om die Namibiese storie te deel. Die dialoog is om ontwikkelende lande te ondersteun om plaaslike hulpbron-mobilisering deur belasting-invordering te verhoog. Steven Ndorokaze, kommunikasiehoof van NamRA, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.