Vakbondman: Daar is baie goeie Namibese staatsamptenareJune 23, 2023
Afrika-staatsdiensdag word vandag herdenk. President Hage Geingob sê om ‘n staatsamptenaar te wees is ‘n roeping. Hy herinner staasdiens-amptenare aan die waardes en deugde van die staatsdiens in die strewe om armoede uit te roei vir ‘n verenigde en welvarende Namibië. Geingob doen ‘n beroep op alle staatsamptenare om te verseker dat burgers, beleggers, toeriste en almal wat staatsdienste benodig, met respek behandel en van uitmuntende diens voorsien word. Die deurwinterde vakbondman Job Muniaro wat met Kosmos 94.1 gepraat het, sê Namibië het werklik toegewyde staatsamptenare.