Vakbond hoor niks, staking dreig

Die Namibian Revolutionary Transport-unie sê hy wag steeds op ‘n antwoord van die Werkgewersfederasie in verband met uitdagings in die vervoerbedryf. Die vakbond sê daar is uitbuiting van werkers en het ingryping gevra in ‘n brief op 8 Februarie. Daan Strauss, sekretaris-generaal van die federasie het bevestig hy spreek die brief aan maar, Petersen Kambinda het vanoggend bevestig daar is nog geen antwoord ontvang nie. ‘n Staking word volgens hom beplan.