PCR-toetse vir toeriste moet laat vaar word

Die makelaarsfirma Simonis Storm sê hy ondersteun die beroep deur die Gasvryheidsvereniging van Namibië wat owerhede gevra het om PCR-toetse te laat vaar vir inkomende gaste en inentingsertifikate eerder instel. Volgens Theo Klein van die maatskappy, is daar nie net minder koste daaraan verbonde nie maar, dit vergemaklik ook toeriste se reisplanne as gevolg van beperkte toetslokale in die land.