NSFAF kry 6 000 aansoeke, sukkel met skuld

Die Namibiese Studente-hulpfonds sê hy is steeds besig om sy skuld in te vorder. Daar word beraam dat die fonds uitstaande skuld van ongeveer 2,6 miljard Namibiese dollar het van lenings wat sedert 1997 nie betaal het nie. Die fonds se hoof uitvoerende beampte, Kennedy Kandume, sê studente het na vore getree maar, dit het weer verswak.

Aansoeke vir befondsing vir die huidige akademiese jaar is reeds oop en Kandume sê tot dusver is ongeveer 6 000 aansoeke ontvang.