Uvalde-skool word gesloop

Die burgemeester van Uvalde, Don McLaughlin, sê die skool in Robb in Texas waar ‘n gewapende man verlede maand 19 leerders en twee onderwysers doodgeskiet het, gaan gesloop word. Volgens internasionale media volg sy aankondiging op inwoners se woede oor die polisie se optrede tydens die skietery. Dit het aan die lig gekom dat swaargewapende polisiebeamptes eers 70 minute nadat hulle by die skool aangekom het, die klaskamer bestorm het waarin die man was. McLaughlin het nog nie ‘n datum gegee waarop die sloping sal begin nie.